top of page

Aktiwiteite

Dopperfees

Die Gereformeerde Kerk Magol hou jaarliks hierdie fondinsameling wat ook die onderlinge gemeenskap van die heiliges bevorder. 

Klik om vol grootte foto's te sien

Bodemlose Biltongaand

Die Gereformeerde Kerk Magol bied hierdie geleentheid as 'n verdere fondsinsameling aan. Die aand behels gewoonlik gaskunstenaars, 'n veiling, biltong soveel as wat jy kan eet met komplimenterende geregte. Gaste sit aan by keurige voorbereide tafels van gasvrouens uit die gemeente.

Klik om vol grootte foto's te sien

Potjiekosaand

Die Gereformeerde Kerk Magol bied jaarliks hierdie geleentheid vir gemeentelede aan ter uitbouing en bevordering van die onderlinge gemeenskap van die heiliges.

Klik om vol grootte foto's te sien

Dankbaarheidsfees

Die Gereformeerde Kerk Magol hou jaarliks weens die besondere seën van die Here 'n dankbaarheidsfees. Hierdie fees vind sy oorsprong nadat die ou pastorie in Oktober 2012 afgebrand het en die gemeente 'n nuut geboude pastorie op die kerkterrein in September 2013 sonder enige skuld in gebruik kon neem.

Klik om vol grootte foto's te sien

©2018 by Gereformeerde Kerk Magol. Proudly created with Wix.com

bottom of page